Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas Krieketklub kry die wind van agter

“Die besoekers het vroeg in die wedstryd vir Delmas gewys hoekom hulle in die presidentsbeker van die Jozi Cup meeding.”

Delmas Krieketklub het op 25 Mei teen Robust Krieketklub van Kemptonpark in ’n vriendskaplike T20 wedstryd gespeel.

Die wedstryd het op Delmas by Hoërskool Delmas plaasgevind. Delmas kaptein Tyrone Greyling het die loot gewen en besluit dat Robust eerste moes kolf.

“Die besoekers het vroeg in die wedstryd vir Delmas gewys hoekom hulle in die Presidentbeker van die Jozi Cup meeding,” het Greyling gesê.

“Delmas boulers was vining op hul agtervoete.”

Die Robust span het met 85 lopies van slegs 35 balle deur die span kaptein, Bongani Gcaba, en ’n blitsbeurt van 43 lopies deur Ntsako Simango die besoekers met 210/7 in 20 beurte gelaat.


‘n Delmas speler moker die bal.

Kabous Naudé van Delmas het met die bal uitgeblink en met 18/3 geëindig.

Delmas het hard terug geveg. Cliffard Gerber van Delmas het met 47 lopies, nie uit nie, van 38 balle gekry; gevolg deur Kabous Naudé met 51 van 36 balle, maar Delmas kon nie die 210 lopie totaal bereik nie.

Delmas het die wedstryd, na 20 boulbeurte, op 144 /8 geëindig en Robust het dus met 66 lopies gewen.

“Ek is trots op my spelers, veral omdat Robust in drie liga’s hoër as Delmas meeding. Ons het hierdie wedstryd gebruik om van ons nuwe en opkomende spelers ’n kans te gee om die nodige kennis en ervaring op te doen,” het Greyling bygevoeg.

Delmas krieketspan hervat hul Mpumalanga T20 Winterliga op 31 Mei wanneer hulle teen die span van KHS in Witbank te staan kom.

Belangstellende spelers kan Tyrone Greyling op 082 640 8220 of Alex Gamble op 082 803 3888 skakel vir meer inligting.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button