Local newsNewsSchools
Landties se skuts neem deel aan kompetisie
Luwan Pelser het aan die o21 skietkampioenskap deelgeneem en ’n vierde plek met 1 402 punte behaal.

Talle skuts van Morgenzon Landbou Akademie (Landties) het aan die prysskiet 4 in Piet Retief deelgeneem waar hulle vir die Ermelo-streek verteenwoordig het.
Luwan Pelser het aan die o21 skietkampioenskap deelgeneem en ’n vierde plek met 1 402 punte behaal.
Hannes Potgieter het agtste gekom, met 1 340 punte. In die o16-groep was Daan Potgieter die wenner.
Hy het 1423 punte bymekaar gemaak. MG Wehmeyer het 17de geëindig met 1 045 punte. In die veerklas het Aby Bothma die eerste plek behaal met 925 punte.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




