Deon Grimsell wen Veterane Gholfdag op Standerton
Hi het 41 punte aangeteken.
Die Standerton Veterane het op 31 Mei ’n gholfdag by die Standerton Buiteklub aangebied en meer as 40 gholfspelers het deelgeneem aan dié dag.
Deon Grimsell het die gholfdag gewen en 41 punte aangeteken terwyl Ronel Starbuck en Attie Mouton elk 40 punte aangeteken het.
Donnie Taljaard, Gerhard Brits en Conrad Steyn het elk 39 punte aangeteken terwyl Gerrit Nel, Francois Cronjé en Stephen Nortjé elk 38 punte aangeteken het.
Stephen Nortjé het ’n prys gekry vir Naaste aan die Pen op 1 en 2.
Patrizia Lombard het haar bal Naaste aan die Pen op 8 en 17 gedryf en het ook ’n prys gekry vir die Langste Dryf onder die vroue. Brandon Geyser het die prys vir die Langste Dryf onder die mans gekry.





