Local newsLocal sportNews

Sasol seëvier oor Bethal en Kriel

Inwoners geniet goeie rugby Saterdag op Bethal.

Sasol Rugbyklub op Secunda het op 31 Mei met Bethal en Kriel kragte gemeet by Hoërskool Hoogenhout.

Sasol 1 het Bethal 1 met 67-12 geklop. Teen halftyd was die telling reeds 34-12 en Sasol 1 het 11 drieë gedruk teenoor Bethal 1 se twee.

Sasol 1 se speler van die wedstryd was Rocky Groenewald. Sasol 2 het ook nie op hulle laat wag om hul beste op die veld te gee nie en hulle het Bethal 2 met 76-5 geklop.

Teen halftyd was die telling reeds 45-0 en Sasol 2 het 12 drieë gedruk teenoor Bethal 2 se een. Sasol 2 se speler van die wedstryd was Werner le Roux.

Sasol 3 het met Kriel se eerste span kragte gemeet en hulle met 23-17 geklop. Teen halftyd was die twee spanne gelykop met 10 punte elk en beide spanne het drie drieë tydens die wedstryd gedruk.

Sasol 3 se speler van die wedstryd was Jano van der Merwe.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button