Local newsNewsSchools
Hoërskool Standerton se hoofseun vaar goed in ATKV redenaarskompetisie
Matriekleerder dring deur na eindronde.
Hoërskool Standerton spog met hul hoofseun, Michael Kalell, se uitmuntende prestasies in die ATKV-redenaarskompetisie.
Kalell is vir die vyfde agtereenvolgende jaar gekies om Mpumalanga te verteenwoordig by die nasionale ATKV-redenaarseindronde.
Sedert die begin van sy hoërskoolloopbaan het hy jaar na jaar hierdie eer te beurt geval.
Hy sluit nou sy hoërskoolloopbaan af met ’n laaste hoera, en sal Mpumalanga verteenwoordig in die afdeling vir Afrikaans eerste addisionele taal tydens die eindronde.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



