Local newsLocal sportNewsSchoolsStreeknuus

Laerskole Sundra en Eloff se kaalvoete pak mekaar

Dit was 'n vriendskaplike wedstryd.

Rugbyspelers van Loffies en Laerskool Sundra het mekaar in ’n vriendskaplike rugbywedstryd die stryd aangesê.
Die wedstryd het op 27 Mei by Laerskool Eloff plaasgevind.

“Ons rugby-seuns het met mannemoed in hul wedstryde teen Laerskool Sundra gespeel,” het Louise van Niekerk, Loffie-hoof, namens die afrigter en personeel, gesê.

“Dit was beslis ’n middag vol aksie en opwinding. Geluk aan ons rugbymanne wat uitstekende rugby teen Laerskool Eloff gespeel het. Ons is trots op julle,” het Jacques de Beer, waarnemende hoof van Sundra, gesê.

“Julle hou ons naam hoog.”


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button