VLU-vroue leer meer oor Lekwa Clean Up Crew
Belangstellendes is welkom om die volgende vergadering by te woon.
Die VLU-Kaalspruittak het tydens hul maandelikse vergadering op 20 Mei drie spesiale gaste verwelkom om by hul bedrywighede aan te sluit.
Gerda Büter, VLU Hoëveldstreek voorsitter, het dié tak besoek.
Suzelle Kemp en Alida Griesel was die sprekers vir die dag en het met die vroue gepraat oor die belangrikheid van projekte soos die Lekwa Clean-Up Crew (LCUC).
Kemp en Griesel het aan die vroue verduidelik wat die LCUC is en wat hulle doen. Die taklede het baie geleer van die belangrikheid van nie-winsgewende organisasies wat die gemeenskap skoon hou.
Die LCUC doen egter meer as net rommel optel. Hul werkers kan orals in die dorp gesien word waar hulle skoonmaak en die gebiede rondom substasies beveilig of op ’n trekker waar hulle vullissakke wegry.
Hulle maak ook gereeld by die begrafplaas skoon.



