Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas Krieketklub sit hul T20-winterliga voort

Delmas het met vier paaltjies gewen en is nou boaan die punteleer ná vyf rondes in die liga.

Die span van Delmas Krieketklub het op 1 Junie in die T20-winterliga teen die gemengde span van Kanonkop Hoërskool (KHS) in Middelburg te staan gekom.

Delmas het die loot gewen en besluit om KHS eerste te laat kolf. KHS het vroeg in hul beurt druk op Delmas-boulers geplaas en ná agt beurte 64/1 behaal.

Die Delmas-manne het hard teruggeveg, en na goeie draaiwerk deur die Delmas-kaptein, Tyrone Greyling, is KHS aan flarde geboul – hy het geëindig met syfers van 1/15.

Delmas se Bongani Gcaba het met 2/17 geëindig. KHS kon slegs 137/7 ná 20 beurte behaal.

Delmas-kolwers, Humphrey Mabelane (47 lopies) en Bongani Gcaba (41 lopies), het gehelp om die teiken in die 17de beurt te bereik.

Delmas het met vier paaltjies gewen en is nou boaan die punteleer ná vyf rondes in die liga.

“Hoewel Delmas gewen het, voel ek daar is nog baie fasette van ons spel waarop ons kan verbeter,” het Greyling gesê.

“Ek is egter trots op my span se vertoning.”

Delmas-krieketklub oefen elke Vrydag vanaf 16:00 by Hoërskool Delmas se nette. Enige belangstellende spelers is welkom om Greyling by 082 460 8220 of Alex Gamble by 082 803 3888 te kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button