Local newsLocal sportNewsStreeknuus
Hokkiespelers van Delmas baat by naggholf
Michaela McGregor, Luané McGregor en Judith van Heerden is gekies om die Amajuba Hokkietoer na Nederland mee te maak.
Delmas Gholfklub het op 6 Junie ’n kompetisie in die donker gehou.
Dié nag van gholf is aangebied om geld in te samel vir drie hokkiespelers van Hoërskool Delmas om die Amajuba Hokkietoer na Nederland mee te maak.
Keurders het Michaela McGregor, Luané McGregor en Judith van Heerden is uit talle talentvolle spelers vir dié toer gekies.
Hansie Steyn het bewys dat hy nie in die donker rondtas nie deur die naggholf te wen. Percy Human was tweede en Ruan de Bruin derde.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



