Secunda-fotograwe presteer
Belangstellendes is welkom om die volgende vergadering op 4 Julie by te woon.
Fotograwe van die Hoëveld Fotografieklub het die afgelope paar maande aan verskeie foto-salonne deelgeneem en goed presteer.
Sussa Pelser en Louis van der Walt het aanvaarding vir hul foto’s in die SSCC Nasionale PDI-salon ontvang. Pelser se foto Why are you Crying is in die menslike portret-afdeling aanvaar, terwyl Van der Walt aanvaarding gekry het vir Dragon Fly Wing Motion in die ope-kleurafdeling en Eagle View 2 in die tweekleurige foto-afdeling.
Beide fotograwe het ook sukses behaal in die MFFC Nasionale Digitale Salon. Pelser se foto’s Gecko (natuurvoëls), Rare Pearls Mono (tweekleurig) en View out of Old Car en Dragonfly on Arum Lily (albei in die ope-kleurafdeling) is aanvaar. Van der Walt het aanvaarding ontvang vir Cast Out – In the Rain (ope-kleur), D Vulture 1 (tweekleurig) en Holkrans Cave (landskap).

Ander klublede wat aanvaarding vir hul foto’s in dié salon ontvang het, sluit in: Yolandi Geyser: Elegant Worker (natuur) en Painting with a Rose (ope-kleur); Pierre Jordaan: Vreesaanjaend (natuur), waarvoor hy ’n sertifikaat van meriete ontvang het, en Waenhuinskrans Sonsopkoms (landskap); Danie Smit: Scratch (natuurvoëls, sertifikaat van meriete) en Kingfisher (diereportrette).
Drie klublede het besonder goed gevaar en medaljes verower: Sussa Pelser vir Popspeel in die ope-afdeling van die HCPS Foto-salon; Danie Smit vir Valencia (landskapafdeling van die Western Cape Foto-salon) en Valencia Science Museum (argitektuur-afdeling van die Paarl Nasionale Foto-salon); Louis van der Walt vir Dragon Fly Wing Motion in die ope-afdeling van die Paarl Nasionale Foto-salon.
Die klub het op 6 Junie hul maandelikse byeenkoms gehou, met ‘Panorama’ as die voorgeskrewe onderwerp. Johan Frost van die Middelburg Fotografieklub was die beoordelaar. Die wenner in die voorgeskrewe afdeling was Dr Leon Pelser met Thunder and Lighthouse, waarvoor hy ook ’n sertifikaat van meriete ontvang het, asook vir Inflating Hotair Balloon in die pikturale afdeling.

Peter Winnan was die wenner onder senior fotograwe met sy foto Mom and Twins, terwyl Hanlie de Beer die junior afdeling gewen het met Lugballon Lyne (pikturale afdeling), waarvoor sy ook ’n sertifikaat van meriete ontvang het, asook vir Bosloerie en Flying Heron (natuurvoëls).
Verdere sertifikate van meriete is toegeken aan: Danie Smit: Blouberg Blue Hour (landskap), Valencia (voorgeskrewe afdeling); Edmund Hattingh: Los my Uit (natuurvoëls); Sussa Pelser: Patches of Sunlight (landskap), Albino White Lip Tree Viper 4 (natuur); Yolandi Geyser: Point of View en Beautiful Simplicity (natuur), Dandelion (pikturale); Louis van der Walt: Rain Spider 2 (pikturale); Anzette Snyders: Lydenburg Pano (voorgeskrewe afdeling).
Die volgende vergadering van die Hoëveld Fotografieklub is op 4 Julie om 18:00 by Scrum In, Sasol Ontspanningsklub. Belangstellendes is welkom. Vir meer inligting, kontak die voorsitter, Van der Walt, by 072 755 2767.









