Local newsNews

Bronkies se Kroonblare is kreatief

’n Gesellige kaggelvuur het die koue verjaag terwyl die vroue en jeuglede die breistukke gewys het waaraan hulle werk.

Lede van die Kroonblaar-tak van VLU Bronkhorstspruit het op 14 Junie Nasionale Breidag met ’n spesiale saamkoms by die gastehuis van Sally Ferreira gevier.

’n Gesellige kaggelvuur het die koue verjaag terwyl die vroue en jeuglede die breistukke gewys het waaraan hulle werk. Wenke en raad is uitgeruil.

Die kreatiewe Kroonblare het op 11 Junie ’n werksessie in Kimikomo-kuns (gekwilte onderwerpe) by Thea Hanekom van Crafters Inn bygewoon. Hanekom het hulle met raad en daad bygestaan.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button