Standerton neem aan nasionale patrollie deel
Die buurtwaglede het altesaam 108km deur die dorp gery.
AfriForum Standerton-tak het op 21 Junie deelgeneem aan ’n nasionale patrollie en deel gevorm van honderde voertuie wat regoor die land weerstand teen misdaad gebied het.
Voertuie het om 19:30 vanaf PKG vertrek en in Meyerville gepatrolleer. Die groep het op talle vure afgekom en saam met die Standerton Brandweerdienste die situasie dopgehou.
Die buurtwaglede het altesaam 108km deur die dorp gery.
“Ons wil die gemeenskap aanmoedig om betrokke te raak by die buurtwag en om te help om ons dorp te beveilig,” het Shandré van den Heever, buurtwagvoorsitter, gesê.
Enige persone wat betrokke wil raak en aansluit by die AfriForum Buurtwag kan Van den Heever kontak by 079 820 5420.



