Local newsNews

AfriForum Secunda-tak help om dorp skoon en netjies te hou

Organisasie maak verskil op dorp.

Die plaaslike AfriForum-tak het al minstens 30 000m² gras in Secunda laat waai.

AfriForum Teks Buurtwagspan, wat in Trichardt, Evander, Kinross en Secunda aktief is, het dié projek in Mei aangepak en aanvanklik op Nelson Mandelarylaan gefokus.

Die projek het reeds in April begin en is sedertdien voortgesit. Meer as 12 000m² is langs die pad skoongemaak en die lang gras is gesny.

Die Teks Buurtspan het ook weer met die Secunda Steamers en die Groenstrook Gabbas saamgewerk om die gebied by die eendedam skoon te maak. Dié projek is sedert April aan die gang, met ’n verdere 1 200m² gras wat in die park gesny is.

Daarbenewens is nog 1 500m² in Generaal De Wetstraat skoongemaak.

“AfriForum het verskeie buurtspanne wat volhoubare projekte regoor die Hoëveld aanpak,” sê Hennie Bekker, AfriForum distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

“Ons spanne maak gebiede skoon, herstel slaggate en werk voortdurend daaraan om verval te stuit. Ons gaan nie wag vir die munisipaliteit om ons dorpe reg te ruk nie – ons sal dit self doen.”

Hoërskool Secunda het ook AfriForum genader vir hulp om die groenstrook naby die skool netjies te maak.

Volgens Bekker was kinders en inwoners wat dié groenstrook as deurgang gebruik, bekommerd oor veiligheid, nadat daar in April en Mei verskeie aanvalle in die groenstrook aangemeld is.

AfriForum het meer as 12 000m² gras in die groenstrook naby die hoërskool gesny en opgeruim, met hulp van die Groenstrook Gabbas.


LEES OOK: Young woman from Evander makes in impact for the youth


Die buurtwagspan het ook die perseel by die Davieshof Sentrum skoongemaak en meer as 7 200m² gras daar verwyder.

“Die buurtspan het dit op hulself geneem om die perseel netjies te hou omdat die Govan Mbeki Munisipaliteit dit nie behoorlik onderhou nie,” sê Bekker.

“Ons span maak ’n reuse verskil.”

Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum Secunda-tak, sê: “Meer as 180 000m² is al vanjaar opgeruim.

“Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om met ons in verbinding te tree sodat ons dié inisiatief op ’n volhoubare wyse kan uitbrei.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button