Local newsNews
Tieners baljaar op Standerton voor skoolkwartaal eindig
Die tieners het die aand afgeskop met ’n tekenkompetisie, wat deur die meisies gewen is.
Metanoia (Meta) het op 24 Junie ’n makietie in die REPLiKA-saal gehou, waar talle tieners die kwartaal afgesluit het met lag, pret en spel.
André Minnaar het die aand met ’n gebed begin, waarna die jonges, bordkryt in die hand, aan ’n intense kunskompetisie deelgeneem het.
Die tieners het die aand afgeskop met ’n tekenkompetisie, wat deur die meisies gewen is. Kort daarna het die leiers hulle fiksheid getoets en saam die jonges dodge ball gespeel.
Natuurlik is die leierskap behoorlik kaf gedraf.
Die tieners en leiers het albei uitasem huis toe gegaan, met ’n nuwe waardering vir spel en herinneringe wat ’n leeftyd sal hou.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!







