Local newsNews
VLU-lede op Bethal maak litte los
Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 12 Augustus by te woon.
’n Plaaslike biokinetikus, Dirkie Schoeman, het die vroue van die VLU Bethal-tak op 17 Junie toegespreek en gedemonstreer watter stoel- en handoefeninge hulle kan doen.
Schoeman het gesê dit is belangrik dat ’n mens die oefeninge met die regte liggaamshouding begin deur regop op die stoel te sit.
Die vroue het saam geoefen op lekker musiek om hul litte ’n bietjie los te kry.
Belangstellendes is welkom om die volgende vergadering van die VLU Bethal-tak op 12 Augustus in die NG Kerk Bethal-Oos saal by te woon.
Vir meer inligting, skakel Lynette Posthumus by 072 203 6230.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



