Karlie Visser kry ’n vlinder op haar gesig.
Foto: Zell-Mari de Jager
Beskrywing: Karlie Visser laat haar gesig verf.
Hierdie jaar se Val Boeredag het op 2 Julie sowat 6 000 mense vanoor die hoëveld gelok; boere, gesinne, uitstallers en entoesiastiese optreders het die 30ste Val Boeredag saam gevier.
Sedert die hek om 08:00 amptelik geopen het, het die publiek die stalletjies ingevaar en die dag se vermaaklikhede onmiddellik begin verken.
Kinders het met kleurvolle gesiggies tussen die speelgoeduitstallers en die speelgebied gedwaal. Tieners het lekker saam gekuier en die vermaaklikheid by die stalletjies ingeneem.
Vir ma was daar talle stalletjies met mooi ditjies en datjies, en pa kon verdwaal tussen die voertuig-, trok- en trekkeruitstallers. Standertonners het beslis hulle merk op die Val Boeredag gemaak en het talle stalletjies beman.
Die Volle Evangeliese Kerk (VEK) het sosatierolle verkoop. ’n Verfrissende koeldrank en iets te ete was by die AGS Ekklesia-stalletjie beskikbaar.
Die vrywilligers van Kosmos Aftreeoord het kerrie en rys verkoop. Elke hoek en draai het nog ’n vriendelike gesig gehou wat Standerton verteenwoordig het. Die stemme van Willem Botha, Robbie Wessels, Ricus Nel en vele meer het oor die luidsprekers gespeel.
Francois Mellet verdwyn byna langs die reuse robot. Foto: Zell-Mari de Jager
Beskrywing: Francois Mellet lyk klein langs die reuse masjien.
Henrico Snyman vat die hang-uitdaging aan.
Foto: Zell-Mari de Jager
beskrywing: Henrico Snyman hang by die VEK stalletjie.
Zander Struwig vat die hang-uitdaging aan.
Foto:Zell-Mari de Jager
Alicia, Schalk en Karlie Visser glimlag met geverfde gesiggies.
Foto: Zell-Mari de Jager
Francois Mellet wys sy gunsteling trekker.
Foto: Zell-Mari de Jager
Johnny Smit en André du Plessis lag saam die VEK Kruisgenerasie span.
Foto: Zell-Mari de Jager
Micke van Vuuren en Mikeila Coetzer geniet nog ’n lekker jaar by Val boeredag.
Foto: Zell-Mari de Jager
Willem Botha sing Swartskaap.
Foto: Zell-Mari de Jager
Hennie van der Merwe, Klein Danie Saaiman, Ds Hans Brits, Danie Snyman Snr en Gawie Jordaan braai vir die massas.
Foto: Zell-Mari de Jager.
Alida Reid en Jolandie Pretorius glimlag vir verbygangers.
Foto: Zell-Mari de Jager
Jasper Roodt bekyk al die uitgestalde trokke.
Foto: Zell-Mari de Jager
Hannie en Frans Gerber maak die boeredag ’n familie geleentheid.
Foto: Zell-Mari de Jager
Lianell Loots, Paul-Pieter Kotze, Michael van Jaarsveld, Miena van Wyk en Jacques Roos beman die AGS Ekklesia Stalletjie.
Foto: Zell-Mari de Jager
Zander Steyn glimlag langs die reuse Lovol Robot.
Foto: Zell-Mari de Jager
Beskrywing: Zander Steyn staan by die reuse robot se voete.
Alicia Visser sit vir haar geverfde vlinder.
Foto: Zell-Mari de Jager
Beskrywing: Alicia Visser laat ’n vlinder op haar gesig verf.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!