Ons Winkel op Standerton hou eisteddfod
Inskrywings vir die kompetisie het op 16 Junie geopen en sluit op 6 Augustus.
Solidariteit Helpende Hand se Standerton-tak is besig om gereed te maak vir hul heel eerste eisteddfod-byeenkoms, wat van 25 Augustus tot 3 September plaasvind.
Inskrywings vir die kompetisie het op 16 Junie geopen en sluit op 6 Augustus. Leerders kry die geleentheid om aan sang, drama, instrumentale musiek, kuns, fotografie, skryfkuns en dans deel te neem.
Beoordeling vind van 25 tot 28 Augustus by verskeie skole en by die Standerton Teatro plaas. Die gala-aande word op 2 en 3 September in die Standerton Teatro gehou.
Janelize Roux, organiseerder van die funksie, nooi belangstellendes uit om in te skryf. Of jou passie sang, drama, kuns of dans is, almal is welkom om deel te neem.



