Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas se Phoenix kry groot pakslae teen die Panthers

Die twee spanne ding mee in die Valke Rugby-unie Kestrel-liga.

Die Phoenix Rugbyklub het hul wedstryd teen die Edenvale Panthers op 5 Julie verloor. Dié wedstryd het om 16:00 op Phoenix se tuisveld by Hoërskool Delmas afgeskop.

Die twee spanne ding mee in die gesogte Kestrel-liga van die Valke Rugby-unie. Phoenix het in 2023 tweede in die Kestrel-liga geëindig en het die trofee in die 2024-seisoen gewen.

Die Panthers het egter bo-oor Phoenix geloop. Met die blaas van die eindfluitjie het Phoenix geen punte op die telbord gehad nie, terwyl die Panthers 36 punte aangeteken het.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button