Local newsNews

Delmas se Bybel Joernaal vriendinne kuier kreatief saam

‘Gewapen’ met kniekomberse, piepfyn pêrels, lint, kant, kwaste, verf en natuurlik Joernaal Bybels was daar fluks aan die werk gespring.

Dit was ’n yskoue wintersoggend op 28 Junie, maar dit het nie die Bybel Joernaal-vriendinne van Delmas en omgewing weerhou om ’n dag gesellig en kreatief saam deur te bring nie.

Die aanbieder van die klasse, Nitzi van Rensburg, het die dag se aktiwiteite in die saal van die NG Moedergemeente geopen. Van Rensburg het verder nuwe lede verwelkom en haar verwonder aan die groei van die klasse sedert dit sowat ses jaar gelede vir die eerste keer aangebied is.

‘Gewapen’ met kniekomberse, piepfyn pêrels, lint, kant, kwaste, verf, en natuurlik Joernaal Bybels was daar fluks aan die werk gespring.


A woman sitting at a table with a book and a plate of food.
Ansa Oosthuizen kliphard aan die werk tydens Delmas se Bybel Joernaal-klas. Foto: Verskaf

Met die vroue van die Bybel steeds as tema, het die 10 maagde by die bruilof aan die beurt gekom. Daar was behoorlik met kreatiewe talente gewoeker en en elke vrou het haarself in haar joernaalbybel verdiep.

Middagete was bedien, afgerond met soetgoed om Annette Bezuidenhout se verjaarsdag te vier. Die middagklas het gefokus op die Hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees.

Teen oppaktyd was al die vroue dit eens dat dit weer ’n dag was om nie te vergeet nie. Belangstellendes kan vir Nitzi van Rensburg op 082 572 7367 skakel vir meer inligting.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button