Sasol Posduifklub se duiwe vlieg vanaf Vrystaat, Noord-Kaap
Verskeie duiweboere se duiwe vaar goed.
Lede van die Sasol Posduifklub se duiwe het op 5 Julie aan ’n wedvlug vanaf Reddersburg in die Vrystaat deelgeneem. Boeta & Duppie se duiwe het eerste, tweede, negende en 10de plekke in die jongvoëls afdeling behaal.
Eiber & Neethling se duiwe het derde, vierde, sewende en agtste plekke in dié afdeling behaal terwyl een van Allison Bros se duiwe vyfde geëindig het en een van Mike en Jana du Toit se duiwe sesde.
Eiber & Neethling se duiwe het ook goed gevaar in die ope-afdeling en eerste, tweede, vyfde, sesde en sewende plekke behaal. Allison Bros se duiwe het tweede, derde en 10de plekke behaal terwyl Boeta & Duppie se duiwe agtste en negende plekke behaal het.
Van die lede se duiwe het op dieselfde dag vanaf Modderrivier in die Noord-Kaap huis toe gevlieg en dit was een van Allison Bros se duiwe wat dié wedvlug gewen het.
Haar ander duiwe het tweede, derde, vierde, vyfde, sewende en negende plekke behaal. Koot Meyer se duiwe het sesde en 10de plekke behaal terwyl een van Boeta & Duppie se duiwe ’n agtste plek behaal het.
LEES OOK: DA pushes Lekwa Municipality to work with CoGHSTA and investigate allegations
Boeta & Duppie se duiwe het goed gevaar tydens hul wedvlug op 12 Julie vanaf Tompsburg in die Vrystaat en eerste, tweede, vierde, vyfde en agtste plekke behaal in die jongvoëlsafdeling.
Eiber & Neethling se duiwe het derde, sesde, negende en 10de plekke los gevlieg terwyl een van Allison Bros se duiwe sewende geëindig het.
In die ope-afdeling was dit een van die Kotze gesin se duiwe wat gewen het terwyl Eiber & Neethling se duiwe tweede en negende plekke behaal het.
Allison Bros se duiwe het ook goed gevaar en derde, vierde, vyfde, sesde, sewende en agtse plekke behaal terwyl een van die Steyn Familie se duiwe 10de geëindig het.
Op dieselfde dag het van die lede se duiwe ook vanaf Hopetown in die Noord-Kaap huis toe gevlieg en dié keer was dit een van Eiber & Neethling se duiwe wat gewen het terwyl hul ander duiwe derde, vierde, vyfde en sewende plekke behaal het.
Boeta & Duppie se duiwe het tweede, sesde en negende plekke behaal terwyl een van Koot Meyer se duiwe agtste geëindig het en een van die Kotze gesin se duiwe 10de.
LEES OOK: Sundra-inwoner se Gideons Bybeltjie oorleef ’n verwoestende brand én jare se stoor



