Posduiwe vlieg vinnig terug na Secunda
Voëls vlieg vanaf plekke soos Bloemfontein en Kimberley.
Die duiwe van lede van Sasol Posduifklub het hul staal gewys op 21 Junie toe hulle vanaf Christiana in die Noordwes huis toe gevlieg het.
Die Allison Bros-wedvlugduiwe het behoorlik uitgeblink deur die eerste nege plekke in dié wedvlug in te palm, terwyl een van Eiber & Neethling se duiwe 10de geëindig het.
Op dieselfde dag het van die duiwe ook vanaf Tweespruit in die Vrystaat huis toe gevlieg. Dié keer was dit een van die Kotze-gesin wat die wedvlug in die ope afdeling gewen het, terwyl die Allison Bros-duiwe tweede, derde, vierde en vyfde geëindig het.
Een van die Steyn-familie se duiwe het sesde geëindig. Die Eiber & Neethling-duiwe het sewende, agtste, negende en 10de plekke verower.
LEES OOK: Dellie-leerder leef haar hokkietalent tydens streekstoernooi uit
In die jongvoëls-afdeling, ook in die wedvlug vanaf Tweespruit, het ‘n duif van Eiber & Neethling gewen, terwyl van hul ander duiwe derde, vyfde en sesde geëindig het.
Allison Bros-duiwe het tweede en vierde plekke behaal, terwyl een van die Kotze-gesin sewende geëindig het, twee van die Steyn-familie onderskeidelik agtste en 10de geëindig het, en een van Koot Meyer se duiwe negende geëindig het.
Allison Bros-duiwe het weer eens uitgeblink op 28 Junie in die ope afdeling van ‘n wedvlug vanaf Kimberley in die Noord-Kaap huis toe, en eerste, tweede, derde, vyfde, sesde, agtste, negende en 10de plekke behaal.
Die Boeta & Duppie-duiwe het vierde en sewende plekke behaal. In nog ‘n wedvlug op dieselfde dag vanaf Bloemfontein was dit weer eens een van die Allison Bros-duiwe wat in die ope afdeling gewen het.
LEES OOK: A 29-year-old suspect will appear in the Delmas court today on charges of fraud
Een van haar ander duiwe het ‘n agtste plek behaal, terwyl een van Boeta & Duppie se duiwe ‘n tweede plek behaal het en een van die Steyn-familie ‘n derde plek.
Die Eiber & Neethling-duiwe het ook goed gevaar en vierde, vyfde, sesde en 10de plekke behaal, terwyl een van Koot Meyer se duiwe ‘n sewende plek behaal het, en een van die Kotze-gesin ‘n negende plek.
In die jongvoëls-afdeling-wedvlug, ook vanaf Bloemfontein, het die Eiber & Neethling-duiwe eerste, tweede, sesde en 10de plekke behaal, terwyl die Boeta & Duppie-duiwe derde, vyfde en agtste plekke behaal het.
Allison Bros-duiwe het vierde en sewende geëindig, terwyl een van die Steyn-familie se duiwe negende geëindig het.



