Laerskool Delmas se landsdieners leef hul vier liefdes uit
Die groep leerders het vanaf 27 Junie tot 1 Julie die 2025 Mpumalanga provinsiale kamp by die Nkambeni Safari Kamp in die Kruger Nasionale Park, bygewoon.
Dellies se landsdiensleerders het die winter-skoolvakansie op ’n hoë noot afgeskop. Die groep het van 27 Junie tot 1 Julie die 2025 Mpumalanga provinsiale kamp vir laerskole by die Nkambeni Safari Kamp in die Krugerwildtuin bygewoon.
Onder die wakende oog van Marlizé en Attie van Wyk, asook Ricky en Charné Kearney, het die leerders hul vier liefdes, liefde vir God, liefde vir hul medemens, liefde vir die natuur en liefde vir arbeid, ten volle uitgeleef.
Leerders wat aan die kamp deelgeneem het, is: Amelia van Rensburg; Franco Scott; Neels Potgieter; Ianthe Els; Ané Rossouw; Mariné Kearney; Wanri van Zyl; Zaneta de Jager; Dianté van Wyk; Karel du Plessis; Michael van der Laan; Rikus Maartens; Njabulo Nyathi; Skye Barnard; Sion de Kock; Klara Keevy; McKayla Gardiner en Suzette Snyman.
“Ons is baie trots op elke leerder wat die kamp bygewoon het,” het die klubleier, Marlizé van Wyk, gesê.



