Delmas groet vir Maxi Matthee
Doktor Martin Janse van Rensburg het ‘Mevrou Wimpy’ bedank vir haar 20 jaar van diens aan die gemeenskap.
Sasol Safari Motors en die Hervormde Kerk Delmas het op 18 Julie afskeid geneem van Maxie Matthee, oftewel Mevrou Wimpy.
Dotor Martin Janse van Rensburg het die woord gedoen en Maxie bedank vir haar 20 jaar van diens, nie net aan Sasol Safari nie, maar ook aan die hele Delmas-gemeenskap.
“In 20 jaar het daar baie gebeur, en soms het dit groot uitdagings ingehou. Daar was ’n tyd van geen besigheid vir 10 maande toe die vulstasie opgegradeer is, en ook tydens die Covid-19-grendeltyd. Maar deur alles kan ons terugkyk en dankbaar wees vir ongekende genade,” het hy gesê.
Hy het verder verduidelik dat ’n nuwe seisoen vir Maxie aangebreek het, hoewel sy nie gaan stil sit nie. “Dit is ook die begin vir die nuwe eienaar van die Wimpy, Isabel van der Merwe.
“Ons groet is totsiens, maar nie vaarwel nie. Ons weet Maxie sal altyd weer by Delmas aandoen op haar wandel en omswerwings. Isabel, ons wens jou alle voorspoed toe in jou nuwe loopbaan. Mag julle vreugdevure altyd hoog brand,” het Janse van Rensburg afgesluit.





