Gemeenskap reik uit na bejaardes by Davieshof in Secunda
Belangstellendes is welkom om by inisiatief betrokke te raak.
Die inwoners van Davieshof is op 11 Julie bederf toe Jakkie Steyn en haar familie aan hulle uitgereik het.
Steyn het gesê die Here het met haar gepraat om iets vir die bejaardes op die dorp te beteken. Sowat 10 inwoners van Davieshof het vir die geleentheid opgedaag.
“Nie al die bejaardes het kinders of familie wat naby woon en gereeld vir hulle kan kuier nie,” het Steyn gesê.
“Van hulle is eensaam, alleen en voel weggegooi. Dit is ons plig, as mense wat onsself kinders van God noem, om na die wese en die weduwees om te sien.
“Ons het gemaklik geraak en het ons plig om na hulle om te sien, aan welsynsorganisasies oorgelaat. Baie van ons aanvaar net dat dit goed met hulle gaan sodra ons hulle daar afgelaai het, maar dit is nie altyd die geval nie.”
Steyn, saam met vrywilligers wat aan dié inisiatief deelgeneem het, het vir die bejaardes kolwyntjies uitgedeel, hulle hande en voete gewas, en toiletware soos handeroom en ander benodigdhede gegee.
Steyn wil dit nou ’n maandelikse instelling maak. Belangstellendes wat betrokke wil raak of iets wil skenk, kan Steyn skakel by 072 460 6996.
LEES OOK: Thieves leave helpless sheep to die in field near Charl Cilliers
LEES OOK: Recreational spaces in Standerton are falling apart




