Local newsNewsStreeknuus

Die veteraan Weermagvereniging se Witklip-eenheid wil jou graag ontmoet

Deur as veteraan by die organisasie aan te sluit kan lede ook kwalifiseer vir veteraan voordele.

Kampvuurgesels met ander oud-soldate van die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) is ’n gereelde geleentheid vir alle lede in Delmas en omgewing.

Dit sê Rolien Potgieter, voorsitter van die Witkliptak.

“Ons kom bymekaar en gesels sommer net oor die lekker ou dae, luister saam met familie en vriende na die stories van ons militêre veterane,” het Potgieter gesê.

“Dit is vir ons Witklip-eenheid ook belangrik om tradisies met die jonger geslag te deel.”

Die SAWV is ’n niewinsgewende organisasie geregistreer onder NWO-nommer 106-541. Deur as veteraan by die organisasie aan te sluit, kan lede kwalifiseer vir waardevolle veteraanvoordele.

“Dit sluit werklike en wettige voordele in soos verbeterde gesondheidsorg, behuising, pensioen en vaardigheidsontwikkeling,” het Potgieter bygevoeg.

Namens die Witklip-eenheid nooi Potgieter alle oud-weermaglede om haar te kontak vir meer inligting.

“Ons sien daarna uit om jou te ontmoet.”

Kontak Rolien Potgieter by 060 760 9857 of stuur ’n e-pos aan rolien.potgieter@sadfa.org.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button