Kalies voer toneelstukke op
Altesaam 40 leerders het vanjaar aan die toneel deelgeneem.
Laerskool Kalie de Haas het op 24 Julie hul jaarlikse toneelopvoering gehou.
Tien verskillende toneelstukke is opgevoer, en die leerders se harde werk deur die kwartaal het op die verhoog geskitter. Altesaam 40 leerders het vanjaar aan die toneel deelgeneem.
“Ons toneelspan groei net elke jaar en dit maak ons ongelooflik trots,” het Sumaré Diederiks gesê.
Die leerders het aan toneelstukke soos Vetkoek Paleis, Sleepless Nights, Kunsklas, Dr Colgate, Rugby, Snow White, Ouma se Dinge, R2.20, Skoolbasaar en Spoedgrens deelgeneem.
Ouers in die gehoor het geskaterlag en soms saamgehuil. Die onderwysers wat hierdie toneelstukke moontlik gemaak het, is Sumaré Diederiks, Luanri Fuhri, Annemarie Nel en Zoë Joubert.






