Local newsNewsStreeknuus

Bapsfontein VLU hekel blokke teen die koue

“Ons tak sien veral ook uit na die opkomende VLU Overvaal se dertigste kongres.”

Die Bapsfontein se Vroue Landbou-unie het op 28 Julie saamgekuier vir hul maandelikse vergadering. Koppe was bymekaargesit en belangrike besluite was geneem.

Tydens die geleentheid was gehekelde blokke uitgepak – blokke wat saam sou sorg vir warm komberse as deel van die tak se omgee projek vir die bejaardes van Herfsland Huis.

“Ons lede het hulle oortref en ons het kwalik plek gehad om al die blokkies uit te pak,” het Cornel Rothmann, die skakelbeampte gesê.

“Dit was snerpend koud, maar ons het ’n heerlike byeenkoms, weereens rondom ’n knetterende vuur, gehad.

Volgens Cornel is dit altyd vir die tak lekker om nuwe gaste te verwelkom, maar op die dag was die gas een met vier pote.

“Ons tak sien veral uit na die opkomende VLU Overvaal se 30ste kongres wat op 27 en 28 Augustus by die Meulstroom Lodge op Bronkhorstspruit sal plaasvind,” het Cornel afgesluit.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button