Dellie-leerders maak hul skool trots
Judith van Heerden, Michaela McGregor, Luané McGregor en Jacqui Bosman gaan boonop hul skool se naam in Nederland hoog hou.
Verskeie leerders van Hoërskool Delmas het tydens die Julie-skoolvakansie hul skool met trots in verskeie sportsoorte verteenwoordig.
McDonald Thwala, Wayne Sibanda, Bruwer Burger en Thlokomelo Mahlabe is gekies vir die o18-Rhino-week-rugbytoernooi. Op die hokkieveld het Lezandi Botes, Judith van Heerden en Michaela McGregor aan die o18-Oos-Transvaal Bokkieweek in Naboomspruit deelgeneem. Lezandi is boonop ook vir die o19-Gazelle-span gekies.
Elshenique du Preez en Mishané Naude is gekies vir die o16-Rhino-week rugbyspan.
Annelene van der Walt is as onderkaptein vir die o18-Rhino-weekspan aangewys. Sy deel hierdie prestasie met Bridgette Ngoma, Jacqui Bosman en Mongezi Mtswene wat ook vir die span gekies is.
Judith van Heerden, Michaela McGregor, Luané McGregor en Jacqui Bosman gaan Hoërskool Delmas internasionaal verteenwoordig. Dié vier hokkiebokkies is tydens die 2025 Amajuba Sportweek gekies om aan ‘n toer na Nederland deel te neem.
Dellie-onderwyser Ella Smith is ook vereer deur as netbalskeidsregter tydens die USSA-netbalkampioenskap op te tree, wat by die Nelson Mandela Universiteit in Gqeberha plaasgevind het.













