Teksa Blommeklub kuier op Standerton
Die vroue van die teksa blommeklub het op 30 Julie in Standerton geleer hoe om onderwater blommerangskikkings te maak.
Die Teksa Blommeklub het vandeesmaand hul vergadering by Roz du Preez op in Standerton gehou. Die vroue het geleer hoe om pragtige blommerangskikkings in vase vol water te maak.
Hulle het strelitzias, vygies, rose, krisante en orgidieë gebruik om kunswerke te skep. Volgens Du Preez word blomme in die vase geanker met materiale soos klein klippies en sisal.
“Die vroue het hul vase en blomme al die pad van Secunda vervoer en tydens die demonstrasie hulle rangskikkings gemaak,” het Du Preez verduidelik.
Die gasvroue vir die dag, Roz du Preez, Fiona Viljoen en Roshini Jagadis het heerlike peuselhappies gebring vir die vroue om tydens hul vergadering te geniet. Die Teksa blommeklub vergader weer op 27 Augustus te Secunda.










