Local newsNewsStreeknuus

VLU Delmas-tak vier kultuur op die ritme van Afrikaans

“Afrikaans is nie net ’n taal nie, dit is meer as woorde - dit is ’n ervaring, ’n gevoel, ’n gemeenskap en ’n tuiste.”

Taalspeletjies, droom, dink, leer, bid en eet in Afrikaans was die VLU Delmas-tak tema vir hul Julie-maandvegadering. Die vergadering, wat op 15 Julie in die saal van die Delmas Hervormde Kerk gehou is, is oudergewoonte deur die voorsitter, Marié Terblanche, geopen.

Sy het skrifgedeelte uit Filipense 4 voorgehou. Spesiale gaste Carina Nel en Lanike Prinsloo was hartlik verwelkom. Ansie van Zyl was as lid van die tak verwelkom.

Lief en leed was gedeel en sameroepster Marie Jordaan het verjaarsdaggelukwense oorgedra, en die gasvroue Trudie Langeveld, Jané Oosterhuis en Mariné Pretorius bedank.

Hierna was die maandtema opvoeding en kultuur deur Elna Kruger aangebied.

“As ons sing in Afrikaans, liedjies waarop ons kan dans, wat ons ontroer, of patrioties of nostalgies maak, dan weet jy Afrikaans is nie net ’n taal nie – dit is meer as woorde,” het Elna in haar huldeblyk aan Afrikaans gesê.


Marié Terblanche, Lanika Prinsloo, en Elna Kruger.

“Afrikaans is ’n ervaring, ’n gevoel, ’n gemeenskap en ’n tuiste.”

Met Marie Jordaan aan die woord was die Kunstenaar van die Jaar, asook die Skrywer van die Jaar, Ané Kotze, onder bespreking.

“Taalspeletjies met onbekende, maar humoristiese uitdrukkings en idiome het gevolg,” het Magriet Swart, die tak se skakelbeampte laat hoor.

“Laastens het Elna haar interessante versameling van boeke, waarvan sommige uit die baie vroeë jare van Afrikaans se bestaan dateer, met die lede gedeel,” het Magriet bygevoeg.

Met Marie Jordaan aan die word was die Kunstenaar van die Jaar asook die Skrywer van die Jaar, Ané Kotze onder bespreking.

“Ané wat haar self as ‘kaalwoorde’ bekendstel, want, sê sy, woorde is kaal,” het Marie vertel.


Vrolike kuier tydens VLU Delmas-tak Julie vergadering.

Ruan Josh se wye spektrum van genres het ook plekkie in die vroue se harte ingeneem en Marie het vir die lede van sy musiek gespeel.

“Dit was tyd vir litte rek en ons het weggelê aan heerlike biltong-, brokkoli- en mieliesop,” het Magriet ook gesê.

Trudi Langeveldt het tussenin vir die vroue gewys hoe om energiestafies te maak, en volgens Magriet moes daar natuurlik geproe word.
Die dag was afgesluit met ’n macrame-klas deur Ansie van Zyl.

“Ansie het met geduld ons dom vingers deur basiese knope gelei, en uiteindelik kon elkeen, met die nodige kennis, met sleutelring huiswaarts keer,” het Magriet afgesluit.

Vroue wat by Delmas VLU wil kuier, kan vir Marié Terblanche by 083 968 2203 kontak.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button