Local newsNewsStreeknuus

Premiermyn Hervormde Kerk op Cullinan werk deur Job

“Job herinner ons dat geloof nie net in voorspoed getoets word nie, maar veral in moeilike tye.”

Die Premiermyn Hervormde kerk op Cullinan het na hul erediens op 3 Augustus die week op betekenisvolle wyse afgesluit.
’n Bybelvasvra na afloop van die diens was aan die boek Job gewy.

Hiertydens het deelnemers nie net hul Bybelkennis getoets nie, maar ook die dieper geestelike boodskap van lyding, volharding en geloof ondersoek.

Die boek Job, een van die wysheidsboeke van die Ou Testament, vertel die verhaal van ’n regverdige man wat swaar getoets word deur verlies, siekte en wanbegrip. Tog het Job bly glo. Hierdie boodskap van geloof te midde van beproewing het die toon vir die oggend se verrigtinge gestel.

Twee spanne het deelgeneem, die Diamant- en Gryskrag-spanne. Die Diamant-span het 88% behaal, terwyl die Gryskrag-span met 90% as wenners van die vasvra-kompetisie uitgestap het.

Raadslid Johannes Bekker, wat die vasvra bygewoon het, het gesê dat beide spanne uitstekende Skrifkennis en insig in die boodskap van Job getoon het.

“‘n Duidelike bewys van hoe ernstig dié gemeente hulle geloofsverdieping opneem,” het Bekker gesê.

Volgens Bekker het een van die gemeentelede gesê dat Job se storie ’n mens dwing om te vra wat dit beteken om getrou te bly wanneer alles verlore lyk.

“Om daardie antwoorde saam in die Skrif te soek, is opbouend vir enige gemeente,” het Bekker bygevoeg.

“Job herinner ons dat geloof nie net in voorspoed getoets word nie, maar veral in moeilike tye. Ek is dankbaar vir ‘n gemeente wat nie net die Woord hoor nie, maar dit ook ernstig oorweeg,” het Bekker afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button