Local newsNews

Man van Secunda is nou hoofdierewelsyn-inspekteur en direkteur

Raak betrokke en ondersteun Saawia wat veg vir diereregte.

Marius van Reeuwyk is twee maande nadat hy as dierewelsyn-inspekteur by die South African Animal Welfare Inspectorate Association (Saawia) op Secunda aangestel is, tot hoofdierewelsyn-inspekteur bevorder.

Hy het ’n oorbruggingseksamen gedoen, en is later as hoof van Saawia in Mpumalanga aangestel, en in Julie as een van die direkteure van Saawia gekies.

Die doel van sy werk is om beheer toe te pas as dit kom by dieremishandeling en nalatigheid, asook om mense te leer hoe om hul diere te versorg.

Alle klagtes oor dieremishandeling of nalatigheid volgens die Dierebeskermingswet 71 van 1962 word deur Van Reeuwyk ondersoek en hanteer.

Hy is deur die landdroshof bemagtig om sy werk as hoofdierewelsyn-inspekteur te doen. As een van die drie direkteure en nasionale hoof van al Saawia se inspekteurs, is hy betrokke by die gesamentlike bestuursbesluite van Saawia.


LEES OOK: Former addict from Bronkhorstspruit warns young people to abstain from drugs


“Dit is groot verantwoordelikhede, maar ons direkteure werk baie goed saam om seker te maak dat die diere se belange eerste geplaas word,” het Van Reeuwyk gesê.

Saawia bied opleidingsprogramme aan om ’n dierewelsyn-inspekteur te word en belangstellendes kan Van Reeuwyk skakel vir meer inligting.

Saawia is afhanklik van skenkings om hul voortbestaan te verseker en in staat te stel om voort te gaan met die werk wat hulle tans doen, wat insluit om diere vanuit haglike omstandighede te vewyder en onder meer om klagtes oor dieremishandeling of verwaarlosing by te woon.

Van Reeuwyk se grootste uitdaging is om die gemeenskap bewus te maak van die nagevolge daarvan om nie verantwoordelikheid as troetediereienaar te neem nie.

Hy het gesê daar gaan nou baie strenger opgetree word teen mense wat die wette breek as dit by diere kom. Vir meer inligting oor die opleidingsprogram of om Saawia te ondersteun, skakel Van Reeuwyk by 067 858 9719.



LEES OOK: Zimeleni Association calls on Health MEC to intervene in neglected clinic in eMbalenhle

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button