Local newsNews

AfriForum Jeug-studente besoek Bethal

Jeug sit handjie by met gemeenskapsprojekte.

Studente van regoor Suid-Afrika het, as deel van AfriForum Jeug se jaarlikse mentorskapprogram, verskeie dorpe besoek om eerstehands te sien hoe praktiese gemeenskapsinisiatiewe deur AfriForum gedryf word.

Bethal was een van dié dorpe, en die studente het onder meer gehelp om die vullisterrein te oudit, slaggate te herstel, gras by die polisiestasie te sny en verkeerstekens skoon te maak.

Die doel van die program is om jongmense te help ontwikkel tot bekwame en verantwoordelike leiers. Die program het in Julie in Pretoria afgeskop.

“Dié program stel AfriForum in staat om potensiële leiers vroeg reeds te identifiseer en hulle van die nodige hulpbronne te voorsien om hul vaardighede ten volle te ontwikkel,” het Yvonne Gerber, jeugbeampte vir Ontwikkeling by AfriForum Jeug, gesê.

“Hierdie studente kan oor die volgende vyf tot tien jaar kampusleiers wees of beroepspersone in sleutelrolle waar hulle aktief vir geregtigheid en teen agteruitgang veg.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button