Local newsNews
Secunda-groep bemoedig Davieshof-inwoners
Belangstellendes is welkom om by inisiatief betrokke te raak.
’n Groep onder leiding van Jakkie Steyn het op 13 Augustus weer uitgereik na inwoners van Davieshof.
Dié groep het inwoners se hande gewas en hulle bederf met eetgoed en tee.
Steyn beplan om volgende keer ’n haarkapper te nooi om die inwoners se hare te doen en en gesê sy wil dié inisiatief ’n maandelikse instelling maak.
Steyn beplan om die volgende uitreik op 3 September te hou en belangstellendes is welkom om betrokke te raak of om dié inisiatief finansieël te ondersteun.
Vir meer inligting, skakel Steyn by 072 460 6996.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




