Wat lê voor vir die jaar se Standerton Landbou Skou?
Die Standerton Landbou Skou hou baie aktiwiteite in vir skougangers die jaar.
Die Standerton Landbou Skou is weer om die draai. Hierdie jaar vind dit van 12 tot 14 September plaas en ’n reuse-makietie kan verwag word.
Die skoukomitee vir 2025 bestaan uit Shandré van den Heever, Hillel Coetzer, André du Plessis, Johnny Smit, Ria Muir, JG Griesel, Kobus Green, Susan Mocke, Trudi van Dyk, Neil Bertrand, Monique van der Westhuizen en Gert Mocke.
Die drie dae van die Standerton Landbouskou sal gevul wees met pret vir die hele gesin.
Die skou skop af met die jaarlikse bejaardefunksie, waar al Standerton se wyses ontvang sal word vir ’n oggend van verversings en vermaak.
Na die amptelike opening van die skougronde kan skougangers tussen die talle stalletjies rondwandel.
Die vermaak vir 12 September sluit optredes deur Candy Benson en Gerhard Steyn in. Kinders sal ure se genot op die Big Bounce-springkasteel kan hê.
Saterdag se vermaak sluit optredes deur Justin Coetzee, Judith Kea, Franja du Plessis en Brendan Peyper in. Talle kokkedore sal ook op Saterdag om die vuur vergader vir die potjiekoskompetisie.
Sal AfriForum weer die trofee huis toe neem, of kan een van vanjaar se inskrywings hulle ontkroon?
Die Sondagdiens sal hierdie jaar op die skougronde plaasvind. Almal word genooi om om 09:00 op 14 September in die vermaaklikheidstent te vergader vir ’n diens deur Dewald Gouws.
Kom geniet die dag saam met die skoukomitee en die MC vir die naweek, Bean Extreme.



