Local newsNewsStreeknuus

Dupies bederf Bronkhorstspruit se bejaardes

Personeel van Dupieland het inwoners van Ons Herberg gaan haal vir dié spesiale geleentheid, terwyl Dupieland se sjef, Dumisani Dlamini, gesorg het vir smaaklike happies

Laerskool Du Preez van Wyk het die bejaardes van Bronkhorstspruit op 13 Augustus bederf met ’n heerlike oggend vol kultuur en vermaak.

Personeel van Dupieland het inwoners van Ons Herberg gaan haal vir dié spesiale geleentheid, terwyl Dupieland se sjef, Dumisani Dlamini, gesorg het vir smaaklike happies vir elke kosbare gas wat saam met die skool gekuier het.

“Dit was ’n ongelooflike oggend van saamwees en vreugde,” het Chrisna van der Vyver van Laerskool Du Preez van Wyk vertel.

“Hierdie geleentheid is ook ’n besonderse manier waarop die Dupies teruggee en waardering betoon aan die gemeenskap van Bronkhorstspruit,” het Van der Vyver bygevoeg.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button