Local newsNewsStreeknuus

Omgee-groepe op Delmas besoek Herfsland se bejaardes

Delmas kapelaansdienste, bekend as SA Chaplaincy Delmas-tak, het ook besoek gebring, bemoedig, gebid en geskenke oorhandig.

Die Herfsland Aftreeoord op Delmas is op 16 Augustus vanaf 09:00 behoorlik bederf. Dit nadat AfriForum Delmas Valke-buurtwag se eerstehulpspan, soos oudergewoonte, kom inloer het.

Tydens dié maandelikse besoek word die algemene welstand van die inwoners gemonitor, na klagtes geluister en raad gegee.

Delmas Kapelaansdienste, bekend as SA Chaplaincy Delmas-tak, het verder ook besoek afgelê, die inwoners bemoedig, saam gebid en geskenke oorhandig.

Teenwoordig was kommandeur Roelf van der Merwe van Pretoria, sowel as kommandeur Gary Palm, kapelaan Belinda Palm en Ada van Niekerk van die plaaslike tak.


Carel Botha oorhandig basiese mediese toerusting aan die Herfsland opsigterspaar, Buks en Susan Hattingh.

Palm het die verrigtinge met gebed geopen. Nadat daar na inwoners se algehele welstand, asook hul suiker-, bloeddruk- en suurstofvlakke omgesien is, kon die senior burgers smul aan eetgoed wat deur ’n buurtwaglid en die kapelane voorsien is.

Die kapelane het verder verseker dat hulle bystand sal bied in geval van enige nood.

“Ons is daar vir die mense van Delmas en omgewing. Kontak ons gerus,” het Palm gesê.

Met die oog op ’n moontlike gereelde besoek van ’n mediese dokter en verpleegsuster aan Herfsland, het die buurtwag ook basiese mediese moniteringstoerusting aan die oord geskenk.


SA Chaplaincy-lede, Roelf van der Merwe, Belinda en Gary Palm met Ada van Niekerk (voor).

Die opsigter van Herfsland, Buks Hattingh, het sy opregte dank teenoor die kapelane en Valke-buurtwag se eerstehulpspan uitgespreek.

“Baie dankie vir alles wat julle vir ons inwoners doen en beteken. Ons waardeer dit opreg,” het Hattingh gesê.

Na afloop van die oggend se bedrywighede het tevrede inwoners na hul onderskeie wooneenhede teruggekeer.

Om in kontak te kom met Chaplaincy SA Delmas-tak, skakel Ada van Niekerk by 074 250 5530.

Vir mediese bystand kan Odette du Toit van die Valke-buurtwag se noodhulpspan by 082 042 5017 gekontak word.

Albei instansies se dienste is gratis beskikbaar.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button