Local newsNewsStreeknuus

Bronkies se kreatiewe vroue geniet byeenkomste

Van Riebeeck se lede het een van hul bekende Naaldekoker-oggende bygewoon en die Kroonblaar-lede het op hul beurt op 16 Augustus die dogters van die Loerie Kinderhuis besoek.

Die VLU se lede in Bronkhorstspruit het verlede week weer hul veelsydige kreatiwiteit ten toon gestel.

Die dorp het twee takke: die Van Riebeeck-tak, wat in die dag vergader, en die Kroonblaar-tak, wat in die aand byeenkom. Elke tak het verlede week ’n leersame byeenkoms gehou.

Van Riebeeck se lede het een van hul bekende Naaldekoker-oggende bygewoon, waar hulle verskeie maniere bespreek het om stukkies lap kreatief aan te wend. Boeke is met lap oortrek en daar is gesels oor die veelsydigheid van laslappies, insluitend die maak van kwilts.

Die Kroonblaar-lede het op hul beurt op 16 Augustus die dogters van die Loerie Kinderhuis besoek en saam Vroue- en Dogtersdag gevier. Elke jaar in Augustus kuier die vroue en dogters saam, waar die kinders iets leer van naaldwerk, kuns en kookkuns.

Dié dag is daar gaasborduurwerk gedoen, papierkrale gemaak, klippe geverf en pizza gebak.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Arisja Misselhorn

I have been a journalist for more than 30 years. I worked for Caxton and Beeld and also for my own publication. I returned to Ridge Times in 2018. I became editor for Ridge Times, Standerton Advertiser and Streeknuus in 2023. I completed numerous courses throughout the years, and I have won several awards.

Related Articles

Back to top button