Laerskool Du Preez van Wyk: Waar leer en pret ontmoet
Dupies streef daarna om goeie karakter by kinders te kweek, sterk leiers vir die toekoms te bou en vir elke kind ’n kans te gee.
Daar is ’n plek in Bronkhorstspruit waar leer en pret vir kinders hand-aan-hand loop. Laerskool Du Preez van Wyk, of te wel Dupieland, roem daarop dat hulle ’n waarde-gedrewe skool is waar leerders kan leer, groei en ontwikkel.
Dupies streef daarna om goeie karakter by kinders te kweek, sterk leiers vir die toekoms te bou en vir elke kind ’n kans te gee.
Die skool het ’n hart vir hul gemeenskap en bewys hul omgee deur gemeenskapprojekte aan te pak, soos om kos en klere vir behoeftige gesinne in te samel.
Die kinders leer op hierdie manier ook hoe om in hul gemeenskap terug te ploeg en om vir individue, die gemeenskap en hul omgewing om te gee.
Dit is darem nie net alles leer en geen pret nie. Kaskarwedrenne, sakresies en allerlei pretdae sorg altyd vir groot opgewondenheid in Dupieland.
Kuns en kultuur word bevorder deur aktiwiteite soos revues en landsdiens, en die Dupies se sportsterre skitter gereeld op die sportveld.
Dupieland bied dus die wenresep vir jou kind se pad na sukses.








