Local newsNews

Kom kuier saam by die Standerton Landbouskou

Die skou vind op 12 en 13 September plaas.

Die Standerton Landbouskou is weer om die draai, en hierdie jaar wag daar propvol opwindende pret vir die hele gesin.

Nog voordat die skou se hekke amptelik vir die publiek oopmaak op 12 September, kan bejaardes uitsien na die bejaardefunksie, waar verversings en vermaak aangebied sal word. Bejaardes kan ná die funksie deur die stalletjies stap voordat die publiek al die beste ditjies en datjies opraap.

Skougangers kan uitsien na die talle reuke en geure van die Kokkedoor-potjiekoskompetisie op 13 September, wat deur die Northern Light Foundation aangebied word. Potte gaan prut vanaf 09:00 tot 13:00, en groot pryse is op die spel.

Die wenners sal ’n heel skaap wen, en die naaswenners ’n vleispak ter waarde van R700. Die mooiste stalletjie sal ’n geskenkbewys ontvang, en die span met die beste gees ’n lekker verfrissende kas bier of koeldrank.

Kinders kan spring en baljaar op die reuse Big Bounce-springkasteel wat op die perseel opgeslaan sal word. Jong modelle van die Model Akademie sal die verhoog betree op 13 September om 14:00 vir ’n opwindende modeparade.

Die vermaaklikheid vir die naweek sluit in die musikale talente van Justin Coetzee, Judith Kea, Gerhard Steyn, Franja du Plessis, Brendan Peyper en Candy Benson, met Bean Extreme as seremoniemeester.

Om alles te kroon en die naweek af te sluit, sal Dewald Gouws op 14 September om 09:00 ’n Sondagdiens aanbied in die vermaaklikheidstent op die skougronde.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Zell-Mari de Jager

Zell-Mari de Jager is a young and upcoming journalist. She has been working as the sole journalist for the Standerton Advertiser since May 2024. She covers a large variety of stories within her community and is an excellent photographer.

Related Articles

Back to top button