Local newsNewsStreeknuus
Vragmotor met sand raak pad na Delmas byster
’n Voorwielband het glo gebars, en omdat daar geen kantreëlings aan die brug is nie, het die vragmotor in die spruit beland.
‘n Vragmotor het Sondagoggend van ‘n brug op die R50 by Modderoos Boorde afgerol. Inwoners wat naby dié pad woon, het omstreeks 08:00 ‘n geweldige slag gehoor.
“Die vragmotor met sy groot vrag sand het in die droë spruit, aan die Pretoria-kant van die N12, beland,” het Engela Johnson vertel.
Die bestuurder was glo vanaf Pretoria op pad na Delmas met die sand.
Volgens Johnson het die vragmotor se voorwiel glo gebars. Daar is ook geen kantreëlings op die brug nie.
“Gelukkig is niemand beseer nie,” het Johnson afgesluit.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





