Janine van Rensburg van Laerskool Eloff. Foto: Uys Photography.
Leerders van Delmas en omgewing se skole het in groot getalle en volhardend aan ’n kultuurfees deelgeneem. Deelnemende skole was Laerskool Delmas, Laerskool Eloff, Laerskool Sundra, Nesher Privaat Skool, die Eldamah Academy, sowel as Hoërskool Delmas.
Die groot gala-aand is op 15 Augustus by die gasheerskool, Laerskool Eloff, aangebied. Die voorafgaande week is gekenmerk deur sang, dans, skeppende kuns en musiek, en kultuur het behoorlik geseëvier.
“Dit was ’n heerlike kultuurfees met opgewonde gesiggies wat hulself met hulle wonderlike talente uitgeleef het,” het Maria Schutte, onderwyser van Laerskool Eloff, gesê.
“Baie dankie aan al die skole se personeel, leerders en ouers wat hierdie geskiedkundige gebeurtenis ’n werklikheid gemaak het.”
Laerskool Delmas tree tydens die kultuurfees op. Foto: Uys Photography.
Taliah Msimanga van Laerskool Sundra. Foto: Uys Photography.
Laerskool Delmas se Toby Keevy op die verhoog. Foto: Uys Photography.
Laerskool Eloff se hoof, Louise van Niekerk, aan die woord tydens die skole kultuurfees. Foto: Uys Photography.
Nesher Privaat skool-leerders dra by tot die kultuurfees. Foto: Uys Photography.
Marilie Kriel, Graad R-leerder van Dellieland. Foto: Uys Photography.
Laerskool Eloff-leerders vermaak die gehoor. Foto: Uys Photography.
Laerskole groep tydens die kultuur-gala hoogtepunt. Foto: Uys Photography.
Nqobani Mkhwanazi en Kamogelo Kutumela. Foto: Uys Photography.
Hoërskool Delmas-leerders op die verhoog. Foto: Uys Photography.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
My journey as journalist in the Delmas area for Streeknuus began in December 2018. Over the past six years I have learned a lot about my community, its people, schools and organisations.
What a privilege to have been part of Delmas as kykNET’s town of the year award in 2023 and to follow each and every step of the journey.