Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Fietsryers pak stof en sand by Balmoral

Die Balmoral Dust Grinder-fietswedren is deur die Coaldust Multisport by Laerskool Balmoral aangebied met wedrenne oor 17km, 28km, 57km en 86km.

Die Balmoral Dust Grinder-fietswedren het op 6 September sy naam gestand gedoen. Die fietsryers moes omtrent jaag om die wind, wat stof en sand meegesleur het, voor te bly.

Dié byeenkoms is deur die Coaldust Multisport by Laerskool Balmoral aangebied met wedrenne oor 17km, 28km, 57km en 86km.

Hanne Stevens (03:48:37) was die eerste vrou oor die eindstreep in die 86km-wedren. Gert Jansen van Rensburg is die manswenner in 86km. Hy het dié afstand afgeblits in ’n tyd van 03:05:51.

Quintin Carstens (03:46:57) was die mans naaswenner. Sampie Bannister was die enigste deelnemer in die 86km E-Bike wat hy in 03:37:10 voltooi het.

In die 57km-wedren het Masele Mahlaba die voortou geneem in ’n tyd van 02:34:41. Gys van der Hyde (02:41:39) en Eddie van der Merwe (02:43:24) was onderskeidelik tweede en derde.


Gys van der Hyde spog met sy trofee vir die tweede plek in die 57km-wedren. Foto: Verskaf

Die 28km-wedren het die meeste deelnemers gelok. Yvonne Swanepoel was die eerste vrou om dié wedren te voltooi. Sy het die afstand in 01:32:37 afgelê.

Liesl Meyer was kort op haar hakke met ’n tyd van 01:34:04. Kim le Grange (01:54:37) was derde. Die manswenner was Mathi Mhlongo (01:28:56), gevolg deur Chas Andre (01:29:32) en Janco Pienaar (01:44:26).

Die eerste drie onder die vroue in die 17km-wedren was Danelle Greyvensteyn (01:43:09), Martelize van der Heever (01:43:11) en Mijanke van der Heever (01:43:13).

Die top drie mans in dié afdeling is Terance Moll (01:06:28), Morrie Wolf (01:20:48) en Ewan van Aswegen (01:25:59).


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Arisja Misselhorn

I have been a journalist for more than 30 years. I worked for Caxton and Beeld and also for my own publication. I returned to Ridge Times in 2018. I became editor for Ridge Times, Standerton Advertiser and Streeknuus in 2023. I completed numerous courses throughout the years, and I have won several awards.

Related Articles

Back to top button