Mense van verskeie velde het in Augustus aan Secunda Toyota se ‘Doeke Braai’ deelgeneem en broodnodige items vir baba's in plekke van veiligheid geskenk. Foto: Verskaf
SECUNDA – Secunda Toyota het onlangs ’n ‘Doeke Braai’ gehou waarna dokters, aptekers en tandartse genooi is.
Die doel van dié inisiatief was om produkte soos doeke en melk ondere meer vir Janelle Huis op Evander en die SAVF Huis vir babas op Secunda, in te samel.
Die personeel van Secunda Toyota het in Augustus die produkte aan die twee huise asook ander instansies afgelewer. Hulle het almal bedank wat ’n bydrae gelewer en die projek ondersteun het.
Fransina Coetzer en Lena Crouwcamp van Kosmos Apteek en Colette Barnard en Chris Morgenrood van Secunda Toyota by dié motorhandelaar se ‘Doeke Braai’ wat in Augustus gehou is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.