Die ATKV se Kosmosrand-tak beplan om die kinders van die Janelle-huis en die SAVF-huis later in September op ’n uitstappie na ’n dieretuin in Gauteng te neem.
Toegangsgeld by die dieretuin vir al die kinders is reeds geborg, maar die ATKV kort nog sowat R3 200 vir brandstof vir vier bussies wat die kinders gaan vervoer, R520 vir tolgeld en R1 500 vir iets om te eet en drink vir 35 kinders.
Enigiemand wat by dié projek betrokke wil raak of iets wil borg, kan die voorsitter van die ATKV Kosmosrand-tak, Tracey van Wyk, by 074 103 6381 skakel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




