Local newsLocal sportNews

Posduiwe van Sasol Posduifklub ding mee in wedvlugte

Boeta & Dupie se duiwe blink behoorlik uit.

Lede van die Sasol Posduifklub se duiwe het op 30 Augustus en 6 September aan verskeie wedvlugte deelgeneem. Die duiwe het op 30 Augustus vanaf Gariepdam in die Vrystaat huis toe gevlieg, en een van Allison Bros se duiwe het dié wedvlug gewen.

Van haar ander duiwe het derde- en vierde plekke behaal, terwyl Boeta & Duppie se duiwe tweede, sesde en sewende plekke ingepalm het. Koot Meyer se duiwe het vyfde en agtste plekke behaal, terwyl een van die Kotze-gesin se duiwe negende geëindig het en een van die Steyn-familie se duiwe tiende.

In die tweede wedvlug op dieselfde dag, ook vanaf Gariepdam, was dit Koot Meyer se duiwe wat uitgeblink het en eerste, tweede, vyfde en agtste plekke behaal het. Boeta & Duppie se duiwe het derde, sewende, negende en tiende plekke behaal, terwyl die Steyn-familie se duiwe vierde en sesde plekke ingeneem het.

Die duiwe het op 6 September weereens kragte gemeet en dié keer vanaf Cradock in die Oos-Kaap huis toe gevlieg. Boeta & Duppie se duiwe het uitstekend presteer en eerste, tweede, derde, agtste en negende plekke behaal.

Allison Bros se duiwe het vierde, vyfde en tiende plekke ingeneem, terwyl een van die Steyn-familie se duiwe sesde geëindig het en een van Koot Meyer se duiwe sewende.

In die tweede wedvlug op dieselfde dag, ook vanaf Cradock, het Boeta & Duppie se duiwe weer skoonskip gemaak en eerste, tweede, derde, vierde, sesde, agtste en tiende plekke verower. Koot Meyer se duiwe het vyfde en sewende plekke behaal, terwyl een van Mike en Jana du Toit se duiwe negende geëindig het.



LEES OOK: DA is outraged over municipal asset loss in Standerton

LEES OOK: District confirms safe drinking water in eMbalenhle

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button