Local newsNews

Jy kan Standerton-vrou help om sonder pyn te loop

Yolandi Nel het ’n ernstige sportbesering opgedoen en kort geld vir ’n operasie.

Met ’n vriendelike glimlag en ’n hart van goud staan Yolandi Nel altyd gereed om te help. Of sy nou mense kalm hou op ongelukstonele of reëlings vir liefdadigheid tref, sy is altyd daar.

Sowat ses maande gelede het Nel ’n sportbesering opgedoen waar 23cm van haar spiere in haar been afgeskeur het. Sedertdien loop sy met uiterse pyn.

Sy vervul meestal haar rol as huisvrou, maar gaan gereeld saam met haar man, PJ Nel van All Star Towing, uit na ongelukstonele – ’n taak wat vir haar byna onmoontlik geraak het.

“Dit is ongelooflik seer. As ek een skewe tree gee, sal die spier verder skeur,” het Nel gesê.

Tuis is haar beweging baie beperk. Sy kan nie sit, staan of lê sonder pyn nie, en basiese take soos om in en uit die bad te klim, is uiters moeilik.


LEES OOK: Home dialysis makes life easier for Secunda woman


Sy beskryf die pyn as ’n konstante steek in haar heup wat ’n brandende gevoel afgee. Volgens Nel kan ’n spesialis by Wilgers Hospitaal in Pretoria ’n operasie doen om die spiere te heg en te herstel.

Die operasie gaan die Nel-gesin sowat R126 000 kos, maar dit sal haar help om weer sonder pyn te kan loop en geluk in die gemeenskap te versprei.

Haar gesin lei ook onder haar besering.

“Dit is nie lekker om my ma heeltyd in pyn te sien nie,” het haar dogter, Ilana Wallis, gesê.

Nel sien uit daarna om ná die operasie weer te kan oefen, beweeg en betrokke te raak in die gemeenskap.


LEES OOK: Albert Luthuli Drive rehabilitation brings relief to eMbalenhle motorists


Ongelukkig moet die geld eers betaal word voor sy die operasie kan kry. Daarom samel die Lone Buddies Motorfietsklub fondse in om Nel nader aan haar doelwit te bring.

Nel is dankbaar vir elkeen wat al bygedra het. ’n BackaBuddy-veldtog is ook begin om geld vir haar operasie in te samel.

“My grootste hoop is om hierdie operasie betyds te kry sodat ek my eerste kleinkind pynloos volgende jaar kan verwelkom,” het Nel afgesluit.

Diegene wat skenkings aan Yolandi Nel se BackaBuddy wil stuur, kan op die volgende skakel kliek:
https://www.backabuddy.co.za/campaign/yolandi-nel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Zell-Mari de Jager

Zell-Mari de Jager is a young and upcoming journalist. She has been working as the sole journalist for the Standerton Advertiser since May 2024. She covers a large variety of stories within her community and is an excellent photographer.

Related Articles

Back to top button