Local newsNews

VF Plus vier Wêreld Rivieredag op Standerton

Talle rolspelers was betrokke, insluitend die Lekwa Clean Up Crew (LCUC) en Kasselman Veiligheidsdienste.

Die VF Plus Standerton-tak en verskeie inwoners het op 27 September Wêreld Rivierdag gevier deur die rivierpark skoon te maak.

Talle rolspelers was betrokke, insluitend die Lekwa Clean Up Crew (LCUC) en Kasselman Veiligheidsdienste.

Volgens Wilma Venter, Wyk 10-raadslid, is 70 sakke rommel uit die rivierpark verwyder. Die gebied is nou skoner en veiliger vir diegene wat daar tyd bestee.

“Die aksie wys wat moontlik is wanneer mense saamwerk en hul omgewing respekteer.”

Die VF Plus in Standerton is dankbaar vir elkeen wat hul energie en entoesiasme na hierdie geleentheid gebring het.

“Saam bou ons nie net skoon plekke nie, maar ook ’n sterker, meer betrokke gemeenskap,” het Venter afgesluit.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Zell-Mari de Jager

Zell-Mari de Jager is a young and upcoming journalist. She has been working as the sole journalist for the Standerton Advertiser since May 2024. She covers a large variety of stories within her community and is an excellent photographer.

Related Articles

Back to top button