Local newsNews

Motorfietsklub nooi mense na dans op Standerton

Die Lone Buddies wil Yolandi Nel help om geld vir ’n broodnodige operasie in te samel.

Die Lone Buddies Motorfietsklub in Standerton het ’n geldinsameling gereël om Yolandi Nel se doelwit van R126 000 nader te bring.

Die Vatvas Dansorkes sal op 1 November om 18:30 by Jonkersdam optree. Kaartjies vir die geleentheid kos R200 elk. Die wins gaan daarna om Nel te help om sonder pyn te kan loop.

Hierdie is nie net ’n kans om te dans en baljaar nie, maar ook ’n lekker piekniekgeleentheid om saam met die hele gesin te geniet.

Daar sal ’n kontantkroeg en borde met smulhappies beskikbaar wees, maar diegene wat die aand saam gaan geniet, word aangeraai om hul eie piekniekmandjie te pak.

Bespreek jou kaartjies by Lizaan du Toit by 071 516 8311 of Rudi Hahn by 066 556 3354.



LEES OOK: Motorfietsryers van Standerton gaan sakelui “vang” vir liefdadigheid

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Zell-Mari de Jager

Zell-Mari de Jager is a young and upcoming journalist. She has been working as the sole journalist for the Standerton Advertiser since May 2024. She covers a large variety of stories within her community and is an excellent photographer.

Related Articles

Back to top button