Local newsNews

Motorfietsryers van Standerton gaan sakelui “vang” vir liefdadigheid

Die Teksa Boanerges samel tans geld in vir ’n serebraal-gestremde Iwan Dippenaar.

Die Boanerges Motorfietsklub Teksa-tak samel tans geld in vir die 35-jarige serebraal-gestremde Iwan Dippenaar. Dippenaar is met die siekte gebore en is aan ’n rolstoel gekluister.

Sy ruggraat het weens langdurige rolstoelgebruik 75° skeef gegroei en sy heup het verskuif. Dippenaar leef in oorweldigende pyn.
Volgens Elsabe Jordaan, ’n lid van die Boanerges, is Dippenaar skerp en werk vir homself.

“Hy is gestremd, maar kan beslis nog werk,” het Jordaan gesê.

Die volgende stap vir Dippenaar is ’n operasie by die Fairy Glen Hospitaal waar Dr Eugene Coetzee, spesialis, die operasie sal behartig.

Ongelukkig stem Dippenaar se mediese fonds nie ooreen met die hospitaal nie.


Iwan Dippenaar is 35 jaar oud. Foto: Verskaf

’n Bybetaling van R58 337 is betaalbaar voor 4 November wanneer Dippenaar geopereer gaan word. Die plaaslike Boanerges Teksa-tak het al verskeie planne bedink om geld in te samel om Dippenaar te help.

By die Standerton Landbouskou het die motorfietsryers hul eie stalletjie gehad, Iwan se Shot Stop, waar hulle sowat R4 000 vir Dippenaar se operasie ingesamel het.

Volgende op die agenda is ’n ‘Jail & Bail’-dag, waar sakelui kamma in hegtenis geneem gaan word en hulle kollegas moet betaal om borg vir hulle toe te staan.

Die geleentheid is beplan vir 1 November en gaan ’n dag vol vet pret wees. Indien jy jou bestuurder agter tralies wil sien, skakel Elsabe Jordaan by 072 535 1348.



LEES OOK: Motorfietsklub nooi mense na dans op Standerton

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button